Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Klipwerk" van N.P. van Wyk LOUW
Uit "Klipwerk" van N.P. van Wyk LOUW [boodskap #19665] Sa, 26 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit: KLIPWERK
N.P.vanWyk Louw

Hoe rits die kooi vannag
o hoe rits die kooi vannag
daar's dikvoet en pontak vanaand
in die oubaas se laaste vrag
die hanslam lek my hand
o die hanslam lek my hand
met watter genade hêt jy dan
op Gunsfontein beland
die bloulig op die draai
o die bloulig op die draai
hoe het jy van die skraalbeen-meid
dan so danig reg geraai
die spekbos in die blom
o die spekbos in die blom
op wie se gedagte hêt jy dan
na Dwars-in-die-weg gekom

(Nuwe Verse 1954)
Vorige onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Eerste Nag" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:03:13 MGT 2024